Ons is gereed!
Nadat ons sommer al aan die einde van April begin meubels indra het, moes ons hard werk aan die laaste hobbeltjies. Die badkamers, verfwerk, afrondingswerk en plaveisel het ons nog ‘n rukkie besig gehou, maar ons kon uiteindelik op 9 Mei met die groot regpak, afstof en meubilering van ons eenhede begin.

Dubbelbed 
Enkelbeddens 
Reuse stort met sitbankie 
Sit-eetkamer en oopplan kombuis
Ora 1 is sedert 17 Mei operasioneel en bedrywig. Ons het sedertien pal besprekings gehad en gaste onthaal – ons is baie dankbaar en verras oor die groot belangstelling. Die navrae en besprekings kom nou met n redelike spoed in, en ons knyptang sommer gou die laaste werkies vas sodat ons (uiteindelik, soos ons so lank voorsien het) kan “terugsit” en konsentreer op die bestuur van ons gastehuis. Ons missie is om waarde vir geld en ‘n heerlike ondervinding aan ons gaste te bied, en ons is dankbaar vir die wonderlike ondersteuning tot dusver.



