OraVerblyf vorder stadig – maar darem seker!

As gevolg van ‘n vertraging met die bouwerk van ons nuwe onderneming is ons baie hartseer dat OraVerblyf nie op 15 Januarie sal kan begin besigheid doen nie. Ons sal ‘n rukkie langer moet wag.

Met bouwerk gaan dit net eenvoudig altyd stadiger as die beplanning. Dis seker maar beter dat daar stadiger, maar korrek gebou word. Ons sal dus nou vroeg in Januarie 2019 na Orania verhuis. Dit sal ons dan ‘n maand of langer sal gee om alles mooi reg te kry in OraVerblyf se nuwe selfsorg eenhede. Julle sal dus n rukkie langer moet wag voordat julle in OraVerblyf selfsorg se blink-nuwe gastekamers kan kom oorbly, maar ons glo die wag sal die moeite werd wees!

Die vordering is nou wel stadiger as wat ons voorsien het, maar dis vir ons lekker om vir julle ORA3 se mure te kan wys nadat die panele pas afgekom het. Die eenheid is ‘n ruim 62 vierkante meter met 2 slaapkamers.

Wat betref ontspanning; as jy bereid is om so net minder as een kilometer te stap of te ry, is die braaipark by die Oranjerivier jou visvang- en speelplek – en onthou, jy vang yslike visse in daai rivier!