‘n Groot nuwe onderneming

OraVerblyf bou nuwe selfsorg akkommodasie in Orania. Bouwerk begin op 15 Januarie 2019 aan 2 nuwe selfsorg akkommodasie eenhede van hoogstaande gehalte, in die Karoosig buurt op Orania. Die 2 selfsorg eenhede sal in totaal tot 10 mense kan neem, dus sal ons u kan akkommodeer as julle so min as 2 mense is, of tot ‘n maksimum van 10 persone.

Indien u al ooit gewonder het hoe dit op Orania lyk kan jy gerus by ons bespreek, en in weelde kom bly teen n billike prys.

Ons het tevore vir 6 jaar lank vakansie-akkomodasie in Lambertsbaai bedryf, en ons selfsorg eenhede daar het verskeie toekennings gewen – ons weet hoe om ‘n ordentlike produk te bied! ORA Verblyf sal gerieflike beddens, lugverkoeling, premium DSTV, onderdak parkering en alle nodige geriewe bied.

Alhoewel OraVerblyf geklassifiseer sal word as selfsorg akkommodasie eenhede, sal daar vele ekstras wees soos sjampoe en goeie seep, terwyl die kombuise ook voorsien sal word met melk, koffie, tee, suiker, ontbytgraan en koekies.

Ons sal gereeld fotos op ons Facebook bladsy plaas soos die bouery vorder

Beplan solank jou ontsnapping van die chaos in die land! Kom ontspan in rustige Orania, waar jy net in koerante van misdaad lees. Terloops, vir die dames is daar ‘n luukse Spa op die dorp. Die manne kan rustig by die viswaters, by een van die eetplekke, of by een van die tuisbrouerye op die dorp ontspan.