Op 3 April woon ons nou omtrent 3 maande in ORANIA. Ons was laasjaar – vanselfsprekend – baie opgewonde vir die nuwe hoofstuk van ons lewe, maar tog effens senuweeagtig. Ons trek immers na die dorre Karoo toe, en, wee o wee, Orania van alle plekke.
Hier het ons egter gevind wat dit is om normaal te leef. Hier kyk jy nie die heeltyd oor jou skouer nie. Hier vrees jy nie vir die veiligheid van jou gesin, jou voertuig of jou huis nie. Die mense is vriendelik, werk hard en verwag nie aalmoese nie.
Anne Ferreira, 83, ‘n tannie vir wie ek vir 45 jaar geken het, is in Mei verlede jaar in Port Elizabeth in haar huis vermoor en vermink.
Mense sal jou probeer vertel Orania is ‘n abnormale plek. Hulle sal jou probeer vertel dat die chaos wat in die Piesangrepubliek van Suid Afrika heers, eintlik die ‘normaal’ is. Ons verneem immers reeds die afgelope 30 jaar dat die chaos korrek en normaal is: eers het FW en kie dit gepredik, en sedertdien basuin die plaaslike en wereldmedia asook die huidige heersers dit aldag uit.
Ek ken ‘n gesin wie se 11 jarige seun die hele dag met n mes in sy hand rondloop nadat hy en sy gesin op hulle hoewe buite Potch aangeval is. As dit die Liberales se weergawe van normaal is, kan hulle maar die Piesang Republiek hou.
Ek is so dankbaar dat ek uiteindelik op n normale plek beland het. Lank lewe Orania en sy wonderlike mense.

Die stoep is byna gereed vir meubels 
Nuwe plaveiwerk 
Kyk hoe lekker werk die Boerseuns!
As ‘n toegif – hierbo is ‘n paar fotos van die bouwerk. Hieronder is ‘n foto van die waterverkoelers wat in elke sitkamer gaan staan. Elke slaapkamer kry n mis-waaier om ‘n goeie humiditeit te verseker, maar elke sitkamer en slaapkamer kry ook muurpaneel-verwarmers. Die songeyser maak ‘n ruim 250 liter water sommer baaaaie warm. Die dames kan hul bad hoogvol tap, maar sal boonop moet luister hoe die menere laaank in die stort sing!

Verkoeler! 
Meubels staan gereed om ingedra te word 
Badkamermure word afgerond





