
Orania bied alles vir heerlike vakansies, en natuurlik is een van die grootste trekpleisters visvang in die Oranjerivier. En voor vroulief sug oor die visvangery, vertel haar van ‘n bonus: die Van Der Kloofdam is “net om die draai”.
Net so ‘n raps oor die 40km van Orania af is die skilderagtige dorp Van Der Kloof, gelee teenaan die Van Der Kloofdam. Die pad daarheen is plek-plek skilderagtig mooi. Mens kan skaars glo jy is in die Noordkaap.
Nes in Orania is daar interessantehede wat vroulief kan gaan ontdek. Daar’s heerlike kos en verversings te koop – ons eet gewoonlik alte lekker by OPPIEDEK. Dis ‘n rustige omgewing met ‘n lieflike uitsig oor die dam. En manne, hier kan jy mooi visse uithaal!
Ons kan ons OraVerblyf gaste werklik aanraai om ‘n dagtoer te neem en die entjie vanaf Orania na die VanderKloofdam te ry.
Dis nou natuurlik slegs indien hulle nog nie genoeg vis hier by ons uit die Oranjerivier gehaal het nie…