Ora Verblyf se slaapkamers is gerieflik, rustig, en keurig versier, asook volledig toegerus met ‘n paar ekstra luukse geriewe om u verblyf in die droe Karoo-klimaat sommer ‘n groot plesier te maak.
Warm somers
Elke eenheid het ‘n reuse-waterverkoeler in die sitkamer, wat spesiaal so gerig is dat dit maksimum verkoeling dwarsdeur die wooneenheid verskaf. Humifiseerders in die slaapkamers keer dat die Karoo se lae humiditeit u neus en keel uitdroog, en voorkom dus ‘n krapperige keel en droe vel.
Koue winters
Die standaard humifiseerders in die slaapkamers is ook die ideale teenvoeter vir die verspreiding van virusse gedurende die winter. Daarby is daar hoogs effektiewe muurpaneel-verwarmers in elke slaapkamer en sitkamer. Dit omskep elke wooneenheid in ‘n knus tuiste waar u verder kan ontspan – na ‘n lang dag van ontspanning!
Slaapgerief
Ons verstaan hoe belangrik ‘n goeie nagrus is, en het daarom nie geld gespaar op die kwaliteit van die matrasse en die top gehalte, vars linne nie. Die hoofslaapkamers is elk toegerus met ‘n dubbelbed. Elkeen van die tweede slaapkamers het twee enkelbeddens elk, en daar is ‘n addisionele opslaanbed (sleeper couch) in elk van die sitkamers.
Our bedrooms
- The quality of our mattresses, and perfect climate control during both winter and summer warrants a good night’s sleep
- Crisp linen
- Humidifiers in each bedroom
- High-capacity coolers for hot summer weather
- Unobtrusive wall panel heaters to keep the units cosy during cold Karoo winters
- Double beds in the main bedrooms
- Two single beds in each of the second bedrooms
- A sleeper couch in each lounge