Die res van die land sit gereeld in die donker – maar nie hier by ons nie! Ons eenhede is selfversorgend met eie elektrisiteitstoevoer en gas-kookgeriewe. U vakansie sal nie onderbreek word tydens beurtkrag nie. Alhoewel ons eenhede as Selfsorg (self-catering accommodation) geklassifiseer word, stel ons u gerief verder voorop en voorsien ook die volgende:
Kombuisgeriewe
- Koffie, tee, melk, suiker en beskuit
- Graankos vir ‘n vinnige ontbyt
- Yskas
- Ten volle toegeruste kombuise met al die geriewe wat u van u eie huis verwag
- Yskas
- Mikrogolfoond met ‘n rooster-funksie (oond)
- Ingeboude dubbel-plaat gasstoof
- Potte, panne, en kookgerei
- Tafelware – Borde, koppies en eetgerei
Badkamers
- Luukse badprodukte soos sjampoe, stortjel en handeseep
- Sagte dubbellaag toiletpapier
- Silwerskoon bad- en stortmatjies
- Vars, sagte handoeke
- Ons was en versorg wasgoed teen ‘n klein fooi
Ander geriewe
- Reuse waterverkoelers in elke sitkamer (temperature vanaf 18C)
- Humidifiseerders in elke slaapkamer
- Muurverwarmers in elke sitkamer en elke slaapkamer
- 82cm (32-inch) LED platskerm televisie
- Premium pakket DSTV
- Veilige parkering onder u eie motorafdak
En nog meer:
U mag, met vooraf kennisgewing, u goed-opgeleide troeteldier saambring. Maak asseblief seker dat u so ‘n behoefte noem wanneer u bespreek.