Druk die Turbo-knoppie!

Vriende van ons sê nou die dag hulle wonder of ons ooit Orania gastekamers gaan. Dit was maar tong in die kies, maar met dat die bouery so stadig vorder, het ek al self begin wonder! Daar was n stadium toe dit meer opwindend sou wees om te kyk hoe verf droogword as om na die bouery te kyk.

Dit wil egter voorkom of die bouers skielik hul Turbo knoppie ontdek het! ORA 3 vorder nou baie mooi. Vandag is ook ‘n hele paar honderd stene gelê by ORA 1. Dit lyk sowaar asof al die mure sal klaar wees teen volgende naweek!

Sedert die Turbo-knoppie aangeskakel is, gaan dit alte lekker op ons erwe. ORA 3 is nou heeltemal gepleister, en die plafon is nie meer ver weg nie. ORA 1 en 2 se mure volg baie mooi en ons voorsien dat die bouery teen die naweek al dakhoogte kan wees.

ORA 1 gaan ‘n 67 vierkante meter, 2 slaapkamer eeheid wees. ORA 2 sal 50 vierkante meter beslaan met sy 1 slaapkamer. ORA 3 is ‘ n 62 vierkante meter, 2-slaapkamer akkommodasie eenheid.

Om seker te maak die Fourie’s, die Van Aswegens en die Lourense gedra hulself wanneer hulle daar kom oorbly, mag ons self moontlik in ORA 3 gaan bly. Net om ‘n ogie te hou, sien. Maar ons het nog nie finaal besluit nie, dit hang af van ‘wie’ en ‘wanneer’…

Terloops, gedurende die laaste 14 dae het Orania meer as ‘n 100 mm reen gekry. En ek dog nog dis dan die Karoo!