Die eerste keer wat ons ooit Orania besoek het was op 16 Oktober verlede jaar. Die foto’s wys die vroegaand uitsig vanaf die Oewer Hotel. Ons het in Oktober laasjaar ook daar rustig op die restaurant se skoudek gekuier.
‘n Vriend van my is op pad na sy myn in Coligny, en het nou pas hierdie fotos vir my gestuur. Hy sit nou by die Oewer Hotel en ‘n bier drink. Ek is nou so blerrie suur, want ons kan eers die einde van die maand soontoe trek. Ek glo baie mense sal geskok wees om te sien dat dit so kan groen en vars kan lyk in die Karoo. Hou maar moed; vanaf 1 Maart af kan julle dit ook kom geniet terwyl julle by OraVerblyf bly!
Ons het reeds ons eerste besprekings gekry waaroor ons baie opgewonde is, maar Paasnaweek is nog heeltemal oop. Ons het ook besluit om ons pryse vir 2019 bekend te maak,en dit sal geld vanaf 1 Maart tot 01 Desember 1990. Daar sal nie n hoër prys wees gedurende die verskillende vakansietye deur die loop van die jaar nie.

