Jaagduiwels en spoedvrate op ons paaie is ‘n ernstige saak. Sonder om ‘n ernstige saak ligtelik af te maak, het ek op 2 Maart in ‘n Facebook-plasing die volgende oor ons boukontrakteur gedeel:
“Ons is deeglik bewus daarvan dat ons boukontrakteur geen spoed rekords gaan verbeter nie. Inteendeel, ons vermoed hy het daai borde op sommige snelwee gesien wat sè:
“Don’t fool yourself, speed kills”
Ons het gemeen die boukontrakteer het dalk daardie borde verkeerd verstaan en dit sommer van toepassing op sy werk gemaak.
Maar, in die tussentyd het daar darem al heelwat gebeur. Water, afvoerpype en elektrisiteit is by al die eenhede gekoppel. Die eenhede is klaar gesaksmeer, dakke opgesit en plafonne is geplaas. Daar is geverf, en die erwe is reeds redelik gelyk en netjies.

Laatmiddag teen die rantjie 
Kwaliteit toerusting staan gereed 
Ora 1 – geverf en netjies 
Ora 2 en 3 is amper klaar
Ons het egter seker te veel tyd om aan ekstras te dink.
Ons het in die tussentyd besluit om, as ‘n toegif vir ons gaste, ‘n klein swembadjie by te bring. Aan al ons gaste wat in die toekoms by hierdie swembad sal baat: dis eintlik as gevolg van een van ons gereelde gaste van ons Lambertsbaai eenhede se gekarring en geskimp!
Nou ja, Gozette, wanneer jy en Kobus in Desember kom kuier, gaan jy sien dat jy jou sin gekry het!



