Die nuwe ORA-Mini: Klein nuwe verblyf eenheid, groot avontuur! 2

Die nuwe ORA-Mini: Klein nuwe verblyf eenheid, groot avontuur!

Oraverblyf het ‘n fantastiese vakansietydperk gehad. Ons was die hele Desember vol bespreek. Mens en dier het lekker gekuier in ORA Verblyf se eenhede, maar ons kon nie almal help nie, en ons het lank voor die groot vakansie-seisoen al besef daar is net nie genoeg Orania verblyf eenhede om die aanvraag te bevredig nie. 

Daarom bou ons al sedert November 2020 aan ons nuutste eenheid ORA Mini.

Dit is op presies dieselfde standaard as ons ander twee eenhede – net n kleiner weergawe. Ora-Mini verblyf bestaan uit ‘n baie ruim slaapkamer met ‘n klein kombuis en ‘n aparte badkamer met ‘n stort. Dit lyk eintlik soos een van die ruimer “bachelor flats” in die stad. Met die nuwe ORA Mini sal ons minder mense hoef weg te wys, en dit beteken dat ons kapasiteit nou vermeerder het na 12 mense!

Maar dit was nie ‘n maklike paadjie om hier te kom nie, en ons is baie dankbaar vir almal wat dit moontlik gemaak het. 

  • Eerstens hoop ons dat die dorp se bankbestuurder nie omgegee het vir al die biltong wat aan hom gegee is nie.
  • Baie respek ook vir oom Gerhard en sy bouspan wat die ORA Mini se fondasie al 6 uur die oggende begin gooi het omdat dit al vroeg in die dag baie warm word hier in die Karoo. Hierdie mense luister nie na die spookstories van Facebook soldate wat vasgegroei is aan hulle rusbanke nie. Hierdie mense bou hulself vry, hulle bou vir hulle kinders en kleinkinders n nuwe toekoms.

Partykeer het die bouery egter so bietjie stadig gegaan, en ons stres ook maar so nou en dan. Ons het veral opgewerk geraak toe die hele land weer onder beurtkrag inmekaargeval het. Gelukkig het ons gaste van ORA Verblyf dit glad nie gevoel nie, danksy ons wonderlike sonkrag stelsel. 

Die weer wou ook nie altyd saamwerk nie en ons het soms hewige reënbuie gehad. Maar wie gaan kla oor reën? Ons is diep dankbaar daarvoor. Dit was in elk geval nie lank nie voor die bouery voortgegaan het, en ons weer op skedule gekom het, te danke aan Johan Cloete, bouer op ons dorp. Hy het seker gemaak dat die mure, vensters, en dak betyds klaar gebou was. 

Ons het oorspronklik beplan om die deure oop te maak teen middel Februarie, maar teen hierdie tyd was al net so voor Kersfeestyd wanneer mens tog die bouers wil laat rus. Ons wou self lekker met ons ORA Verbly gaste, wat in die ander twee eenhede heerlik vakansie gehou het, gekuier het. Ons het sommer elke aand iets gebraai, en die kinders het dit geniet om op hulle eie alleen die strate te kan invaar, gaan swem by die dorpswembad, en nuwe vriende te maak.

Die trots om n Oraniër te wees klop elke dag net al hoe harder in my bors….

Terwyl die hondsdol wittes in ons volk nog freneties probeer uitwerk of hulle nou ‘n Afrikaner of Boer is, is ek n trotse Oraniër. Daar kom n tyd waar dit tot jou deurdring dat niksseggende geselsies op sosiale media niks vir ons volk gaan doen nie. Dan vat jy maar die stang vas, trek Orania toe, en bou jouself vry saam met jou eie mense. Geen stories, geen verskonings, geen verduidelikings, geen maar’s nie.

Jou eie mense, jou eie instellings, jou eie plek…

Ter afsluiting:   ORA Mini is uiteindelik klaar en gereed om gaste in te neem.

  • 24 vierkante meter oujongkerel (bachelor) woonstel
  • Slaapkamer met dubbelbed
  • Klein, goed toegeruste kombuisie
  • Aparte badkamer met komplimentere sjampoe en jel-seep
  • Geteelde stoep met sitplek
  • Braai
  • Gesinspakket DSTV
  • Yslike, Ysige waterverkoeler

U word verwelkom met kitskoffie, filterkoffie, tee, suiker, melk, ontbyt-graanvlokkies, en soetkoekies.

As julle na die fotos van ons 2 groot eenhede kyk, sal julle reeds weet watter hoë standaard ons handhaaf. Hierdie eenheid sal op dieselfde standaard wees.

Ons waarborg dat jy sal elektrisiteit he, selfs al brand peskom af, en onthou ons baba-swembadjie waar jy kan afkoel terwyl jy oor die vlaktes tuur. 

Ons openings aanbod is geldig vanaf 11 Feb tot 30 April 2021:

  • 2 mense 3 nagte 450.00 per aand.
  • 2 mense 5 nagte 400.00 per aand.

Skakel of WhatsApp ons op 0828212528