U kan hier navraag doen na spesifieke datums, of uitvind watter datums besonder gewild is, en moontlik die datums van u besoek aan Orania daarvolgens aanpas. Voltooi asseblief die vorm en ons sal u so spoedig moontlik antwoord met ‘n kwotasie. Gaan asseblief ons besprekingsterme na wat hieronder verskyn.
Besprekingsvoorwaardes
U deposito bevestig u bespreking. Besprekings waarvoor ons nie ‘n deposito ontvang het nie, mag weggewys word. Let asseblief op die depositobedrae wat hieronder uiteengesit word:
Deposito’s
- Die volle bedrag is vooruitbetaalbaar in die geval van ‘n bespreking vir slegs een nag.
- In die geval van ‘n bespreking vir 2 tot 4 dae is die deposito 50% van die totale koste van u akkommodasie.
- In die geval van ‘n bespreking van 5 dae of langer, is die deposito 30% van die totale koste van die akkommodasie
Kansellasie
- Indien u 3 maande voor die bespreekte datum kanselleer, sal u die volle deposito terug ontvang.
- Indien u korter as 3 maande voor die bespreekte datum kanselleer, sal u 50% van die deposito terug ontvang.
- Indien u korter as 30 dae voor die bespreekte datum kanselleer, verbeur u ongelukkig die volle deposito.
Betaalwyses
Die oorblywende bedrag moet in ons rekening ontvang word voor u aankoms, of kan andersins met aankoms in kontant betaal word.