Ek glo nie dis vir my nodig om enige van julle te oortuig dat die Piesang Republiek besig is om inmekaar te tuimel nie, iemand wat dit nou nog nie weet nie hoort duidelik in n geestesinrigting.
Ons kry tans daagliks oproepe van mense wat meer oor Orania wil weet. Sommige van hulle het n paar jaar terug nog vir ORANIA gelag, nou besef hulle ORANIA se mense het nog die heeltyd iets geweet wat hulle hulself dalk misgekyk het. Daarom is ons hoof foto vandag n foto waar jy ORANIA se detail kan kry indien jy dit oorweeg om hiernatoe te trek, of indien jy solank by die ORANIA BEWEGING wil aansluit.
Julle is nog steeds welkom om ons te kontak, ons help graag. Ons het op die oomblik n redelike lys van mense wat wil kom kuier sodra hulle uit hulle provinsies kan uikom. Indien die ORANIA liggie in jou kop begin flikker, is jy ook welkom om by ons te kom kuier. Ek glo al hoe meer van julle besef al hoe duideliker dat die chaos van die Piesang Republiek nie meer langer vir julle kan werk nie, en dat julle dit nie veel langer meer aan julle kinders kan doen nie.
Julle moet net nie almal ORANIA toe trek nie, want dan sal ons besigheid opdroog, en sal arme Stoffel en Hunter honger ly…..