Sommige mense noem Orania “net nog ‘n slaperige plattelandse dorpie”, maar – anders as in die res van die land – groei Orania se ekonomie, en kom al meer mense elke maand kyk of hulle deel wil word van hierdie unieke gemeenskap. Ons bevestig ons vertroue in die toekoms van hierdie mooi ideaal met die ontwikkeling van 3 selfsorg akkommodasie eenhede in Karoosig, met ‘n pragtige uitsig oor Orania.
Luukse akkommodasie in Orania
Elred en Maryna het vir 6 jaar lank vakansie-akkomodasie in Lambertsbaai bedryf, waar hulle verskeie toekennings verwerf het. Hulle sal dieselfde standaard stel by die nuwe, doel-geboude ORA Verblyf, met gerieflike beddens, luukse linne, lugverkoeling, DSTV, onderdak parkering en vele ander geriewe en bederfies.
Selfsorg Akkommodasie
Indien jy al gewonder het hoe dit op Orania lyk kan jy gerus by ons in weelde kom oorslaap – teen ‘n bekostigbare tarief. Alhoewel OraVerblyf se gastekamers geklassifiseer word as selfsorg eenhede, is daar vele onverwagte ekstra’s.
U kan luukse sjampoe en seep, sagte handoeke, gerieflike matrasse met puik linne, en moderne dekor verwag. Die netjiese kombuise word ook voorsien van melk, koffie, tee, suiker, ontbytgraan en koekies. Waar kry u sulke gasvryheid elders as in Orania?
Orania is often depicted by the media as ‘just another sleepy rural town’. However, in stark contrast with the rest of the country, Orania’s economy and infrastructure continues to grow. The town receives increasing numbers of visitors, most of whom are searching for a new start in a crime-free, friendly community with Christian values.
Self-catering Accommodation in Orania
Your hosts, Elred and Maryna, previously owned an award-winning self-catering establishment in Lamberts Bay. ORA Verblyf (self-catering accommodation) will certainly achieve the same standards of excellence. You can expect luxurious bath products, fresh towels and linen, as well as comfortable beds and a fully equipped kitchen stocked with milk, coffee, tea, sugar, cereal, and biscuits.
Kom hou vakansie in Orania
Beplan solank jou ontsnapping van die chaos in die res van die land en kom ontspan in ons rustige dorp, waar jy misdaad slegs in koerante gaan raakloop! Terloops, vir die dames is daar ‘n Spa op die dorp … die manne kan rustig by die viswaters of by een van die eetplekke of brouerye op die dorp ontspan.